A Short Backstory Part IIII – Rochelle


And last but not least, we welcome Rochelle.

Rochelle teaches her classes in her home language, Afrikaans with a splattering of English.


Ek was gebore in Karl Bremer Hospitaal, 13 November 1979, as ‘n Coetzee.  Groot geword en geskool, in wat toe nog ‘n klein dorpie was, hier in Durbanville.  As kind was ek nooit een van die aktiefstes nie en het myself baie eerder besig gehou met lees, teken, my honde (BIG dog lover!) of ander aktiwiteite wat nie vreeslik baie fisiese inspanning van my geverg het nie.  Ek het wel in Sub A met Moderne Dans begin en het dit vreeslik geniet tot hul my na ‘n gevorderde klas wou skyf en ek besluit het dat dit nie vir my gaan werk nie. (Baie spyt  vandag hieroor!)  Ek het my vernuf toe op die netbalbaan gaan uitprobeer, sienende dat my Ma kaptein van die A-span was op haar dag.  Sekerlik moes dieselfde bloed deur my are vloei?  Die dag van netbal proewe het gekom so vinnig as wat dit gegaan het, en ek was op “VV” geplaas.  Ek het alles uitgehaal en die hele netbalbaan was myne… Letterlik!  Ek het van een doelpaal na die ander gehardloop en amal het verslae gestaan en toekyk oor wat ek gedink het my vinnige voetwerk was.  Maar o wee, as iemand maar net vir my die reëls voor die tyd kon verduidelik het!  Tennis was ook kort en kragtig.  Twee lesse in en juffrou het sommer eerlik en reguit vir my gesê dat sy dink ek liefs ‘n ander sport maar moet probeer wat nie ‘n bal benodig nie.

In die Hoërskool het ek twee keer hekkies gaan hardloop, maar toe kom ek seuns agter en dit was die einde van my kort sport loopbaan.  Na matriek het ek Skakelwese gaan studeer, maar na ‘n jaar van kursus verander en my internationale kwalifikasies as Sjef ontvang.  In hierdie tyd het ek begin gym en het ‘n regte “Gym Bunny” geraak.  Ek was seker van die fikste wat ek nog ooit was.  “ But life happened”, soos hulle sê.  Ek het verlief geraak en getrou, ook op ‘n Durbanville-liet en dit is nou 16 jaar later.  Ons het twee pragtige kinders, Kara 13 ( Liewe Heer help my!) en Zak van 9 jaar oud, my blou-oog seun wat niks in sy ma of ouma se oë kan verkeerd doen nie (en hy weet dit…)!

4 Jaar gelede kon ek begin voel dat my lyf en brein dringend en drasties iets nodig gehad het.  Ek was in en uit by die Chiropraktisyn.  Na ‘n paar gym sessies, ‘n aaglige gym pilates klas en ‘n bootkamp waar ek plat op my gesig geval het, het ek by Robyn beland.  Dit was asof die Hemele oopgegaan het en Engele begin sing het.  Ek het onmiddelik tuis gevoel.  Na elke sessie het my liggaam die verskil gevoel en kon ek ook sien hoe my lyf se vorm begin verander.  Ja!  Dieselfde as Robyn… “ From flat bum to Hello! Almost in there with the Kardashians!  Maar alle grappies nou op ‘n stokkie.  Ek het besef dat ek uiteindelik my “sport” ontdek het, maar dit is soveel meer as net dit.  Dit is MY tyd… Mind, Body & Soul.  Pilates het ‘n groot en belangrike deel van my lewe geraak.  Tans is ek in opleiding en gee klas by Love Pilates Movement Studio.  Ek geniet elke oomblik.  Ek staan baie keer nog in bewondering en raak opgewonde oor hoe ‘n liggaam voor my oë kan verander deur op ‘n gereelde bassis Pilates te doen.  Maak nie saak hoe klein dit wel soms vir die kliënt mag voel nie.  Ja, ons amal se liggame gaan deur “ Ups & Downs “.  Myself en al die ander instruktrieses inkluis.  Dit is om dit raak te sien en te erken en om te luister na jou liggaam wat die heel belangrikste is.  Ons amal is op dieselfde manier verskillend, as jy verstaan wat ek bedoel…Leer om dit te omhels!

Ek bid dat God my nog lank sal spaar met ‘n gesonde en “able” liggaam om nog in vele Pilates te kan beweeg!

God bless

Written by Rochelle 7 October 2017

Leave a comment

Your email address will not be published.